Campview
Oorweeg jy dit om ATKV-Eiland Spa te besoek?
Wonder jy hoe dit hier by ons lyk?
Nou het jy die geleentheid om die oord uit die gemak van jou eie huis te ervaar met Campview se 360 virtuele toer. Loer gerus hier om te sien hoe jou eenheid of staanplek lyk en wat die oord het om te bied. Hierdie virtuele toer maak jou vakansiebeplanning selfs nog makliker
ATKV-Eiland Spa Hidro Swembad
ATKV-Eiland Spa is gewild vir sy sonnige weer, asemrowende natuurskoon en dan natuurlik die hidro-spa. Die spa bied iets vir almal, van ’n sauna tot ’n stoombad en gimnasium. As jy nog nie gesien het hoe die hidro-swembad lyk ná die restourasie nie, kan jy dit nou in 3D ervaar!
ATKV-Eiland Spa 6-Slaper-rondawel
ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke Bosveldagtergrond. Hierdie driestergegradeerde eenheid kan 2 tot 6 mense huisves en is volledig toegerus met lugverkoeling, en DStv.
ATKV-Eiland Spa Twee- tot Vier-bed-rondawel
Hierdie luukse rondawels, geleë tussen die pragtige doringbome, is toegerus om twee tot vier mense gemaklik te akkommodeer. Die rondawels het lugversorging en ’n driestergradering.
ATKV-Eiland Spa Vier-bed-rondawel
Hierdie netjies en gemaklike driesterrondawels akkommodeer vier mense. Die rondawels het ten volle toegeruste kombuise, lugversorging, en buitebraai-areas om die lieflike bosveldatmosfeer te geniet.
ATKV-Eiland Spa Twee-bed-rondawel
Die lugeversorgde twee-bed-rondawels by Eiland Spa is ideaal vir paartjies. Hierdie rondawels is onlangs opgeknap en is nou gegradeer as driester.