WELKOM BY ATKV-EILAND SPA
Die son skyn heeljaar in Limpopo
KENNISGEWING: KINDERSWEMBAD
Neem asseblief kennis dat voegbry (grout) by die kinderswembad aangebring moet word en dat die swembad gevolglik van Maandag 7 September tot Vrydag 18 September 2026 gesluit sal wees.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief en waardeer u begrip en samewerking.
Akkommodasie
ATKV-Eiland Spa is in die hart van Limpopo, ongeveer ’n uur vanaf Tzaneen, op die suidelike oewer van die Letabarivier binne die Hans Merensky-natuurreservaat geleë – ’n rustige toevlugsoord waar ontspanning en natuurbelewing saamvloei.

Akkommodasie
ATKV-Eiland Spa bied ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies en kampeerterreine wat voorsiening maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes.

Fasiliteite
Die oord beskik oor ’n restaurant, winkel en ’n hidrospa vir jou gerief en ontspanning.

Vermaak
Gaste kan onder meer warm en koue swembaddens, ’n waterglybaan, minigholf, staproetes en ’n speletjieskamer geniet.

