Jeugtuiste

Die tuiste bestaan uit twee vleuels met badkamers, asook afsonderlike, meer privaat kamers vir onderwysers of toesighouers. Daar is ’n goed toegeruste gedeelde kombuis en ’n eet- of vergaderarea met ’n braaiplek en opwasgeriewe aan die buitekant.

Al die fasiliteite van die oord is tot die beskikking van die inwoners van die jeugtuiste.