Jeugtuiste
Die jeugtuiste kan 84 persone huisves en is geskik vir skool- of kerkgroep.
Die tuiste bestaan uit twee vleuels met badkamers en aparte meer privaat kamers vir onderwysers of toesighouers. Daar is verder 'n goed toegeruste gedeelde kombuis en ’n eet- of vergaderarea met ’n braaiplek en opwasgeriewe aan die buitekant.
Al die fasiliteite van die oord is tot die beskikking van die inwoners van die jeugtuiste.