Vierbed-rondawel (rolstoelvriendelik)

66 m2

Slaap 4 (maksimum 4 volwassenes)

2 slaapkamers

1 badkamer

Selfsorg


Die eenheid beskik oor twee aparte slaapkamers – een slaapkamer met ’n dubbelbed en een slaapkamer met twee enkelbeddens. Daar is ’n badkamer met ’n stort.

Die oopplan-kombuis en -leefarea is ten volle toegerus en sluit ’n mediumgrootte yskas in. Die leefarea het lugversorging en ’n TV met DStv. Die eenheid is rolstoelvriendelik.

Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitemeubels

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig

Rolstoel Vriendelik