Vier- tot sesbed-rondawel
![]() |
90 m2 |
![]() |
Slaap 6 (maksimum 4 volwassenes) |
![]() |
2 slaapkamers |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die tweeslaapkamereenheid beskik oor twee aparte slaapkamers – een met ’n dubbelbed en die ander met twee enkelbeddens. Die leefarea het ’n slaapbank wat geskik is vir twee kinders onder 18 jaar. Die badkamer het ’n stort.
Die kombuis is ten volle toegerus en sluit ’n mediumgrootte yskas in. Die eenheid het lugversorging en ’n platskerm-TV met DStv. Daar is ’n buitebraai-area.
Dit is ’n nie-rook-eenheid. Parkeerplek vir een voertuig is beskikbaar.
Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakpatio |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |





