Twee- tot vierbed-rondawel

49 m2

Slaap 4 (maksimum 2 volwassenes)

1 slaapkamer

1 badkamer

Selfsorg


Die eenslaapkamereenheid beskik oor ’n slaapkamer met ’n dubbelbed. Die oopplan-leefarea het stapelbeddens wat vir kinders geskik is. Die badkamer het ’n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus en sluit ’n mediumgrootte yskas in. Daar is ’n buitebraai-area.

Dit is ’n nie-rook-eenheid. Parkeerplek vir een voertuig is beskikbaar.

Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Buitebankie

Braai-area

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig