Akkommodasie
ATKV-Eiland Spa maak voorsiening vir almal se akkommodasiesmaak, alles teen ’n klassieke Bosveldagtergrond. Alle eenhede is selfsorg. Linne en handdoeke word elke vyfde dag omgeruil, en die eenhede word daagliks gediens. Elke eenheid is gemeubileer, volledig toegerus met lugverkoeling, 'n braai-area en beperkte DStv.